Ek stem saam met Flip Buys, die Uitvoerende Hoof van Solidariteit, dat Suid-Afrika eerder na die samestelling van die Japannese Revolusie moet kyk as die Russiese een, maar ongelukkig kan ek nie met hom saamstem oor al die afleidings wat hy maak oor Japan se verlede nie.
Buys se standpunt is dat Japan gedurne die Meiji Restorasie sy kulturele waardes behou het en net die vryemark en westerse wetenskap aangeleer het. Hy is reg hieroor, maar, in sy artikel, mis hy ook die sentrale rol wat energie gespeel het.
Die Meiji Restorasie
Japan is die eerste nie westerse land wat ‘n industriële revolusie gehad het onder Keiser Meiji se Restorasie. Die hervormings het die feudale sisteem geknak en die mite doodgeslaan dat nie-europeeslande vir altyd die onvermoë sal hê om te kan ontwikkel. Japan se ekonomie het die westerse hoofstroom eugenika-teorie gediskrediteer d.w.s. dat daar iets in ander etniese-groepe se gene, kultuur, of velkleur is, wat hulle nie in staat sal stel om te presteer nie.
Die Japannese het verder bewys dat ekonomiese groei te doen het met politieke beleid en instellings. Dat klein veranderinge in die regte rigting en bestuur van ‘n land, soos opleiding en wetenskap, ‘n voorvereiste vir ‘n suksesvolle ekonomiese model is. Die Japannese Nasie van die 18de en die 19de eeu was dieselfde, al wat verander het is dat hulle geleer het om onder ander reëls en met ander tegnologieë saam te leef.
Daar is ander lesse wat moeiliker is vir Europesedenkers is om raak te erken o.a. dat Japan se ontwikkeling min te doen gehad het met westerse waardes, protestante-werksetiek, kultuur of geloof. Gedurende Die Industriële Revolusie het die Japannese Elite ondersoek ingestel om lesse uit die weste te leer. Die westerse denkers vertel dat Japan die les geleer het om sy kulturele waardes te behou, en dat Japan net die westerse wetenskap aangeleer het. Dit is waar, maar dit is ook belangrik om te sê wat se lesse die Japannese nie geleer het nie, en waar hulle denkers nie met westerse denkers saam stem nie. Die lesse kom neer op die rol van ‘n vryemark ekonomie en energie.
Die Ekonomiese Denkfout
Sir Anthony Wrigley het in sy opstel “Opening Pandoras Box” verduidelik dat vandag se begrip van Die Industriële Revolusie ontstaan het uit die werke van die drie groot ekonome Thomas Malthus, David Ricardo en Adam Smith. Hulle denkwyse beïnvloed hoofstroom ekonomie vandag nog d.w.s dat ekonomiese groei verduidelik kan word deur verhoudings van land, arbeid en kapitaal. In hulle tyd was die laasgenoemde twee in beginsel onbepaald, maar nie die eerste nie. Omdat land bepaald is, word eiendomsreg as noodsaaklik vir welvaart beskou en dit vorm die basis van ons grondwette.
Dit is ongelukkig nie die hele prentjie nie.
Al drie denkers was skepties gewees dat eksponensiële groei verewig kon voortgaan. In die ekstreme geval het Malthus se idees, dat daar oorbevolking is en ‘n vaste menslike voorraadverhouding is, gelei tot die Ierse Hongersnood. Toe sy idees geïmplementeer word, wou Malthus keer, maar ongelukkig was die tragedie groter as Joseph Stalin se Holodomor.
A.g.v. die hongersnood is Ierland is die enigste land wie se bevolking in 1850 groter was as vandag.
Karl Marx
Dit was eers Karl Marx gewees, wie omtrent 70 jaar na Adam Smith, gedurende die Industriële Revolusie, tot ‘n ander gevolgtrekking gekom het. Marx het in Das Kapital geskryf dat die invloed van die Stoomenjin ‘n groot rol gehad het in die ontwikkeling van Engeland.
Marx se instink was korrek, maar ongelukkig het sy obsessie met n werkersparadys, en die sentrale rol van die staat gely tot groot misdade van kommunisme en o.a. Mao Zedong se Chinese hongersnood. Soos F.A. Hayek verduidelik het, is dit omrede ‘n beplanner nie kennis op grondvlak kan hê nie, en nooit vraag en aanbod sal kan bepaal nie.
Hayek was korrek gewees dat Marx en Engels se volgelinge nie die logika van die prysmeganisme sisteem verstaan het nie, maar hy het Marx se insig oor energie gemis.
Die Rol van Energie - Japan se Insig
Dat ‘n mark ekonomie noodsaaklik is vir ontwikkeling is wel waar, omdat die vryemark tegnologie vinniger kan versprei as ‘n sentrale staat, maar die mark se rol word oordryf deur vandag se hoofstroomekonomie, omdat die rol van energie (in Fisika die vermoë om arbeid te verig), tot onlangs, nie deur westerse ekonome herken is nie.
Die Japanese fisikus en ekonoom Hideaki Aoyama het destyds vir die engelse ekonoom John Constable gesê dat “ekonome nie weet waarvan hulle praat nie”, omdat hulle nie Fisika en o.a. die verhouding tussen entropie en welvaart verstaan nie. Dit is nie ‘n belediging nie, maar ‘n bewys dat die Japannese ekonome meer as 150 jaar terug tot dieselfde gevolgtrekking gekom het as Karl Marx. Die rol van energie in die ekonomie is uiteindelik in die weste nagevors deur Sir Anthony Wrigley. Wrigley is onlangs, in 2022 oorlede. Hy het klas gegee by Cambridge en was in die na-oorlogstyd ‘n student in Amerika waar hy gereeld gekorrespondeer het met F.A Hayek en Milton Friedman.
Wrigley het gewys dat ekonomiese groei nie eksponensieel sou kon plaasvind, as Engeland nie ‘n vaste bron van energie, soos steenkool, gehad het nie. Dat “organiese samelewings”, wat op mark beginsels alleen werk, se ekonomiese beperking fotosintese, slawerny en diere is. Dit stem ook ooreen met Jared Diamond se gevolgtrekking in die boek “Guns, Germs and Steel” d.w.s. dat die Europese ontwikkeling tot ‘n mate toe op geluk neergekom het. Wrigley se gevolgtrekking is dat Die Industriële Revolusie eerste in Engeland plaasgevind het, omdat die steenkoolreserwes naby aan die oppervlakte voorgekom het. Dit kon eers later in Duitsland in die Ruhr-gebied plaasvind omdat steenkool dieper gemyn moes word. Dit is ook hoekom Afrika se ontwikkeling stadiger as Europa sin was, want ons myne is dieper, en ons riviere laat nie skeepsvrag toe nie.
In sy boek"Energy and the English Industrial Revolution” wys Wrigley hoe ander lande, soos Nederland en Italië, voor Engeland modern, meer vryemark en meer demokraties geword het, maar hulle ekonomiese groei was beperk gewees, omdat daar nie vaste energie bronne was nie.
Dit is ook die gevolgtrekking van die Japanse Elite oor Die Industriële Revolusie en dit is hier waar hulle verskil met die westerse hoofstroom ekonome, en saamstem met die insig van Karl Marx.
Tog is daar ‘n les om te leer uit Das Kapital!
Refleksie op die Afrikaners
Baie Afrikaners wil vandag vertel dat die Afrikaners hulself verhef het deur die kultuurorganisasies wat ontstaan het na die Anglo-Boereoorlog. Mens kan weereens nie hulle rol ontken nie, omdat dit ‘n poging was om die sosiale omstandighede van daai tyd aan te spreek. Uit ‘n Fisika oogpunt sou dit net onmoontlik wees vir daai organisasies om Suid-Afrika eksponensiële ekonomiese groei te kon gee, sodat die Afrikaners armoede kon ontsnap.
Hendrik van der Bijl, die eerste direkteur van Eskom, het in Amerika vir General Electric gewerk. Hy is deur Jan Smuts gevra om terug te kom na Suid-Afrika toe, met die doel om ‘n “New Deal” in Suid Afrika te implementer. Die New Deal se sukses was te danke aan die nasionalisering van Eskom, die Suid-Afrikaanse Spoorweg en Hawens, Yskor, Denel en ander staatsinstellings. Die dieper nedersetting van Suid Afrika d.w.s. die ontwikkeling na die Anglo-Boereoorlog sou onmoontlik wees sonder steenkool, die spoorweë en alle toepassings van energie op die samelewing. Dit is hoe die Afrikaners uit armoede ontsnap het. Goedkoop energie was die katalis van sukses vir al hierdie organisasies.
Soos die Japannese elite, het die Afrikaners van daardie tyd instinktief Die Beginsel van Die Behoud van Energie verstaan en dit in Suid-Afrika se ekonomiese model ingewerk. Later sou hierdie model bekend staan as die “Asian Tigers”, maar dit kan netsowel as die “Afrikaner model” beskou word.
Afrikaners moet nie dié geskiedenis misverstaan nie, net omdat ons nie hou van wat die ANC aan ons vertel nie o.a. dat ons baat gevind het by staatsontwikkeling en opheffings werk deur nasionalisering nie.
Dit is eenvoudig nie waar nie.
Kom ons wees eerlik, dit was regstellende aksie, affirmative action, vir die Afrikaners en daar is niks daarmee fout nie, want dit was noodsaaklik vir die ontwikkeling van Suid-Afrika.
No pressure at all. Thank you. I had thought perhaps this site had a translated version.
How do I find English translation (if available)?