Toe ek op skool was een van my vriende se pa’s, Oom Mof, ‘n akte prokereur. Toe ek die dag genoeg geld gehad het om my eiendom te koop, het ek vir Oom Mof advies gaan vra. Sy eerste reaksie was: Die goeie les van eiendom is dat ‘n kakhuis in ‘n goeie area beter is as ‘n goeie huis in ‘n kak area.
Die waarde van jou eiendom word nie deur sy grote, koste of die aantal Rolls Royce karre in jou garage bepaal nie - dit gaan oor sy ligging.
Kom ons kyk bietjies mooi na hierdie les as dit by sonkrag kom. Dit is wel waar dat die koste van sonkrag, onder meeste omstandighede, miskien, goedkoper as kernkrag, steenkool of aardsgas kan wees, maar as dit by die waarde van die eiendom kom, moet jy vra of hy die regte ligging het. Wat vir huise geld, geld ook vir krag, dit gaan daaroor of daar genoeg infrastruktuur is om die stasies of sonpanele te ondersteun.
Soos ek al vir baie slimjanne, wie nie wil luister nie, probeer verduidelik het, Suid-Afrika se transmisienetwerk is vol, en as ons groenkrag op skaal moet gaan bou dan sal ons dit vinnig moet bou, voordat die steenkool vir ons weghardloop. Duitsland het ongelukig meer as 17 jaar gevat om ‘n Noord-Suid lyn te bou en Australië met sy Snowy pomphidrostasie, wat nodig is vir kontrabalansering, was nie regtig n sukses gewees nie.
Suid-Afrika se grootste sonpotentiaal is in die Noord-Kaap, maar soos ons almal weet, bly daar niemand in die Noord-Kaap nie.
Want:
Daar is nie eers ‘n spoornetwerk met baie aansluitingspunte na die noordkaap toe nie.
Daar is nie baie transmissielyne nie, maar daar is natuurlik baie slim planne om hulle te bou!
Dit lyk amper asof Minister Gewede Mantashe dit ook nie so mooi verstaan het nie, want uit die amper 6000 MW se IPP (wie eintlik subkontrakteurs is) is net 150MW besig om in die netwerk in te voer.
Ons moet die volgende vrae begin vra:
Wie betaal vir daai lyne?
Wie betaal vir daai aansluitingskoste?
Wie dra die risiko as dit verkeerd gaan (die ontwikkelingsbank van Suid-Afrika, d.w.s. die belasting betaler!)
In plaas daarvan om baie nuwe lyne te bou, en om ‘n paar handpalms te olie, is daar nie dalk ‘n slimmer alternatief vir Suid-Afrika nie?
Hier is my voorstel om vinnig beurkrag op te los, amper 10 000 MW voor kersfees! (10 fases van beurtkrag)!
Sit Sonpanele op die dakke met invoertarief van R1.75/kwh
En maak die steenkool reg
En laat Minister Mantashe en die ontwikkelingsbank maar hulle eie gestrande kakhuise in die karoo bou.
Google Translate does some weird things (showing a translation then the original adjacent to one another) otherwise it's readable.
https://hkrugertjie-substack-com.translate.goog/p/mantashe-se-kakhuis?utm_source=post-email-title&publication_id=554802&post_id=141636369&utm_campaign=email-post-title&isFreemail=true&r=kv4i2&utm_medium=email&_x_tr_sl=auto&_x_tr_tl=en&_x_tr_hl=en&_x_tr_pto=wapp