Ek het onlangs 'n geleentheid bygewoon by Parys se École des Mines (mynbou-skool), en in een van die teatersale het ek afgekom op 'n tapyt met 'n geskiedenisles van President Paul Kruger van die ou Transvaal!
Die tapyt verwys na sy besoek aan Parys gedurende die Anglo-Boereoorlog toe hy probeer het om ondersteuning te wys by die europese moonthede gedurne die boere se stryd teen Britse oorheersing in Suid-Afrika.
Die teks lees in Frans:
“Le Président de toute jeune République d’Afrique du Sud a offert au musée, en 1899, deux pétites d’or. Elles symbolisent ce pays mais aussi la reée vers l’or qu’il a connue à la fin du XIXe siécle. Kruger voulait ainsi trouver des soutiens auprés des pays européens dans le conflict qui l’opposait à Angleterre."
In Afrikaans:
Die President van die jong Republiek van Suid-Afrika het in 1899 twee goudnuggette aan die museum geskenk. Hulle simboliseer hierdie land, maar ook die goue koors wat dit aan die einde van die negentiende eeu beleef het. Kruger wou sodoende ondersteuning vind van Europese lande in die konflik wat hom teen Engeland opgesaal het.
Wikipedia het ook 'n franse artikel oor Paul Kruger se besoek aan Parys, en dit is noemenswaardig dat hulle sy van (soos myne) ook met die umlaut gespel het!. Daar was nog altyd ‘n groot debat tussen Krugers en Krügers gewees of oor hoe Paul Kruger sy van regtig gespel het! - Dit lyk vir my asof die franse my kant van die familie gekies het.
Verder wil dit voorkom asof President Paul Kruger(Krüger?) ook twee goudnuggette aan die Franse Universiteite geskenk het!
Is dit waar die Krugermiljoene heen is, en hoekom het hy nie aan sy agterkleinkinders gedink nie?