Hoekom is daar ‘n geïntegreedehulpbronplan?
Hierdie stuk is deel van Truth in Energy (TiE) se insette aan die Suid-Afrikaanse Regering se Geïntegreerde Hulpbronplan (IRP2023).
Terwyl ons die lofwaardige bedoelings en kwalifikasies van diegene wat dit saamstel erken, is die idee dat 'n regeringsdepartement 'n IRP moet bepaal fundamenteel gebrekkig. TiE bevraagteken die nut van 'n IRP en stel voor dat die hele proses geen sin maak nie. Ons beskou die IRP en Eskom se beleidsomgewing as een van die grondoorsake van beurtkrag.
Soos vyfjaarplanne nie in die voormalige Sowjetunie gewerk het nie, werk dit ook nie vandag in Suid-Afrika nie.
In 'n vertikaal geïntegreerde regeringsmonopolie behoort die taak om ‘n IRP saam te stel, nie onder die verantwoordelikheid van die Departement Minerale en Energiebronne te val nie, maar eerder onder die van die uitvoerende gesag van die operateur, spesifiek Eskom moet wees. In 'n uitgepakte stelsel sou dit onder die bevoegdheid van Eskom se transmissie- en opwekkingsmaatskappye val. In beide uitkomste lê die verantwoordelikheid vir 'n IRP by diegene wat die naaste aan die probleem is, en die beste eingelig is oor wat beplan moet word, naamlik die stelseloperateur. Die stelseloperateur behoort oor die kennis en kwalifikasies te beskik om die mees geskikte elektrisiteitsstelsels vir Suid-Afrika se daaglikse elektrisiteitsvoorsiening en -vraag te kan bepaal. Hy moet die diskresie hê om te beplan en aanpassings te maak soos die omstandighede van dag tot dag verander. Hy kan nie 5 jaar wag vir nog 'n IRP om bv. aardgas aan te skaf nie. Daar kan nie van hom verwag word om eers deur 'n langdurige proses van openbare insette te gaan nie en/of om te wag vir die goedkeuring van die tenders deur die Departement van Energie nie.
Die feit dat Suid-Afrika se elektrisiteitsamestelling nie ooreenstem met die voorspellings van IRP2010 of IRP2019 nie, wek vrae op oor of IRP2023 nie dieselfde foute as vantevore gaan maak nie. Soos getoon in Tabel 6 van die 2019 IRP, het Eskom 'n Energieleweringbeskikbaarheidsfaktor (EAF) van 73.36% oor die steenkoolvloot vir 2024 voorspel. Tog was in 2023 volgens Eskom se eie data, Eskom se EAF naby aan 50%!
By implikasie het die IRP2019 voorspel dat Eskom 10 GW meer krag sou gehad het as wat dit tans in staat is om te genereer. Die verskil is 'n verlies van Eskom se Veiligheidsmarge (5 GW) en 5 fases van beurtkrag! Die situasie wat Suid-afrika vandag ervaar!
Die IRP2023 herhaal hierdie fout weer soos die grafiek hieronder toon. Hierdie versuim beteken dat DMRE 'n plan het wat 'n verbetering in Eskom aanneem, ten spyte van die meer waarskynlike scenario van 'n afname in EAF, soos in rooi hieronder aangedui. Dit behoort groot bekommernis te wek in die oë van die publiek, omdat dit kan impliseer dat nog meer beurtkrag op die horison is en dat die regering hierdie uitkoms opsetlik ignoreer!
Eskom se huidige tekort met 'n 50% EAF is ongeveer 13 GW. Met 'n verdere verswakking tot 30% oor die volgende dekade, sal Suid-Afrika 'n addisionele 10 GW nodig hê, 'n totaal van 23 GW, net om die bestaande koolkragstasies te vervang. Die IRP2023 ignoreer hierdie groot risiko.
Verder is dit onduidelik waarom daar publieke deelname moet wees in die bepaling van die korporatiewe planne van die regering se outonome operateur en van Suid-Afrika se elektrisiteitsamestelling nie. Privaatmaatskappye soos Pick 'n Pay of Avis het byvoorbeeld nie geïntegreerde kruideniers- of voertuigplanne wat deur openbare raadpleging bepaal word nie. Mislukkings van die IRP-proses is nie uniek aan Suid-Afrika nie, maar kom ook in ander lande se IRP's voor. Byvoorbeeld, die Australiese IRP van 2023 het die bykomende koste van hernieubare energiebronne vir transmissie en verspreiding weggesteek, wat die ware volle stelselkoste van hernieubare energiebronne effektief verberg het, totdat 'n aktivis dit aan die lig gebring het. Die Australiese IRP, soos sy Suid-Afrikaanse eweknie, het ook op die kredietagentskap Lazard vertrou, wat nie op internasionale maatstawwe en geoudite rekeninge gebaseer is nie, veral met betrekking tot Kernkrag.
Die gevolg van hierdie foutiewe gevolgtrekkings is dat Australië, ten spyte van die feit dat dit 'n ontwikkelende land is, steeds 'n verbod op kernkrag het. In die toekoms sal dit minder mededingend wees as arm lande soos Argentinië en Suid-Afrika om klein modulêre reaktors (KMR) aan te skaf, wat na verwagting binne die volgende dekade op die mark sal kom
Dit is net so foutief om te veronderstel dat 'n regeringsdepartement 'n land se energiemengsel akkuraat kan beplan of voorspel met 'n rekenaarmodel as wat dit sou wees vir Nostradamus om die kennis te besit om die einde van die wêreld te voorspel. Die gebrekkige aanname dat 'n regeringsdepartement 'n land se energievraag en mengsel akkuraat kan voorspel, en daarna oplossings kan vind om geïmplementeer te word deur die uitreiking van tenders, lok ernstige kritiek uit van almal wat omgee oor Suid-Afrika se energietoekoms.
In 'n ideale wêreld sou daar nie 'n Geïntegreerde Hulpbronplan (IRP) of enige vyfjaarplan vir elektrisiteit wees nie, gegewe die mislukkings van sulke beleide en planne histories. Dit is daarom ons mening dat Suid-Afrika eerder nie 'n plan moet hê nie, dat die plan nader aan diegene moet wees wat beter instaat is om die elektrisiteitsmengsel te kan bepaal. Hulle moet 'n prys betaal as hulle verkeerd is, deur bv. die feit dat baie verbruikers van Eskom af sal beweeg.
Indien Suid-Afrika steeds aan Eskom wil vas hou, moet daar groot hervormings kom. Geen instelling kan sy werk doen as hy aan drie ministers, 'n paar portefeuljekomitees moet verslag doen en terselfde tyd gedwing word deur die departement van energie om die sogenaamde "Onafhanklike" kragvoorsieners (van die Ramaphosa se swaer een van die grootste “beleggers” is) se elektrisiteit aan te koop nie - of dit nou in sy besigheidsguns is of nie. Verder is daar nog baie ander beleidsriglyne wat om sy nek hang, soos die PPPFA, die gewingde lokalisering en ook die Tesourie notas wat basiese aankope moeilik, indien nie onmoontlik maak.
Eskom se probleem is nie dat daar 'n tekort aan ingenieurs of tegniese kennis in Suid-Afrika is nie. Die VGBE-verslag en ander verslae, soos Sir Mick Davis se getuienis voor die portefeuljekomitee, en Pro.f Tony Lange se verslag aan Eskom se uitvoerende beamptes het dit bevestig. Hulle het almal gewys dat Eskom 'n beleidsprobleem het. Met hoofuitvoerende beamptes wat elke jaar vervang word, is dit duidelik dat die oorsaak eerder oor politieke inmenging en kriminaliteit gaan.
Suid-Afrika kan, volgens my, binne 3 tot 5 jaar totaal en al van beurtkrag ontslae raak as die regering die ingenieurs net toelaat om hulle werk te doen.
Eskom is 'n politieke probleem. Voordat Suid-Afrikaners kan vra "watse energiebron die beste is" moet ons vra of die beleid sin maak. Die beleidsomgewing moet regkom en die politieke ekonomie moet verander. Die ingenieurs en nie die politici moet met die oplossing vorendag kom.
Indien nie, sal die IRP2023 net soos die vorige IRPs eindig, en die oplossing sal net nog moeiliker word om te implementeer. Suid-Afrika kan begin deur die konsep van die IRP te verwerp as 'n soortgelyke "5 jaarprogram vir energie.”